Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Welkom ‘nou soos Wilde Weste’ oor misdaad

Inwoners van Welkom is toenemend bekommerd oor hul veiligheid nadat ’n moord die naweek gepleeg is en inwoners onder inbrekers en rowers deurgeloop het.

Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, het Sondag bevestig dat inwoners van Jan Cellierspark die naweek in Langenhovenstraat beroof is.

Thakeng sê die 53-jarige huiseienaar en sy vrou en skoonma was in die sitkamer toe hy ’n beweging by ’n venster gesien en ondersoek gaan instel het.

Drie mans, wat om die beurt Afrikaans en Engels gepraat het, het die man oorval en geld geëis. Hy is met ’n vuurwapen na binne gedwing.

Drie mans, wat om die beurt Afrikaans en Engels gepraat het, het die man oorval en geld geëis

Twee televisiestelle, ’n PVR, twee skootrekenaars, vier selfone en ’n onbekende bedrag geld is gebuit. Die rowers het met ’n wit Toyota Corolla gevlug.

Op 1 Maart is ’n sakeman, Piet Grobbelaar (72), buite sy huis in Leipoldstraat, Jan Cellierspark, in sy maag en been geskiet.

Grobbelaar is op 30 Maart oorlede nadat sy milt, pankreas en ’n nier verwyder is.

Louis Coetzee (61) is Vrydagaand buite die Unicorn-gholfklub doodgeskiet. Sy stiefdogter, Marlene Matthysen, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat sy in die kop geskiet is.

Talle huisbrake en huisrowe is ook die afgelope tyd hier aangemeld.

Yolandi Hewetson, ’n inwoner van Welkom, sê mense is moedeloos.

“Hulle kan nie meer buite sit nie en is gedurig bekommerd oor hul veiligheid. Jan Cellierspark is nou soos die Wilde Weste. Dit is nou die hoeveelste roof en skietery hier by ons.”

Hewetson sê inwoners op Whatsapp-groepe sê hulle sal veiliger voel as meer patrollies hier ingestel word.

Meer oor:  Welkom  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.