Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Welkomse apteek 4de keer in paar maande beroof

Rowers het vir die soveelste keer op ’n bekende apteek in Welkom, Vrystaat, toegeslaan.

Dié keer het twee gewapende mans Donderdag om 20:02 by die Sentrum-apteek in die middestad ingestorm, die werknemers beveel om op die grond te lê en een van die assistente opdrag gegee om die kasregisters oop te maak.

Al die kontant is gesteel.

Ons is moedeloos. Ons doen alles in ons vermoë om die sakekompleks te beveilig, Daar is kringtelevisie en alarmstelsels. Maar tog word ons geteister.

Een van die aptekers, Hannes de Wet, wat agter in die resepteerafdeling was, het 10111 gebel. Hy is meegedeel dat die blitspatrollie nie dadelik kan kom nie omdat hulle besig is kabeldiefstal te ondersoek.

20 minute later was die polisie egter in volle mag daar. Die rowers was toe reeds weg.

Dawie Bothma, een van die eienaars van die apteek wat al 29 jaar in bedryf is, sê dit is die vierde inbraak die afgelope tyd. Dit is egter die eerste gewapende rooftog wat hulle beleef het. Sentrum-apteek is ’n nood-apteek.

Sowat twee maande gelede het vier rowers een oggend vroeg die deure opgebreek en ’n groot hoeveelheid duur parfuum gebuit. Die parfuum is in groot wit sakke gegooi.

Alles is op kringtelevisie vasgelê. Die rowers was duidelik herkenbaar, maar, sover hy weet, is niemand nog nie in hegtenis geneem nie.

Bothma sê verskeie ondernemings in die sakesentrum is die afgelope tyd beroof. Sommige van die rooftogte was helder oordag.

“Ons is moedeloos. Ons doen alles in ons vermoë om die sakekompleks te beveilig, Daar is kringtelevisie en alarmstelsels. Maar tog word ons geteister.”

Meer oor:  Sentrum-Apteek  |  Vrystaat  |  Welkom  |  Apteek  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.