Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Welkomse vrou vry ná losprys van goudstawe glo betaal is
Die ontvoerde Charmaine Botha en haar man, Johnny, is weer verenig nadat goudstawe glo Woensdagaand 20:00 vir haar vrylating betaal is.Foto: Facebook

Twee goudstawe is Woensdagaand omstreeks 20:00 glo as losprys vir die ontvoerde Welkomse vrou, Charmaine Botha, oorhandig.

Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, kon nie Woensdagaand bevestig dat Botha vrygelaat is nie, maar van haar vriende het op Facebook aangekondig dat sy veilig is, hoewel getraumatiseerd.

Botha, wie se man, Johnny, as bestuurder by die Harmony-myngroep se goudaanleg werk, is Woensdagoggend buite haar werkplek ontvoer.

Botha werk vir die prokureursfirma Piet Haasbroek in Heerenstraat, Welkom.

Johnny is glo reeds Woensdagoggend ingelig dat sy vrou se ontvoerders twee goudstawe vir haar vrylating eis.

Volgens ’n ingeligte is Johnny gedreig dat die ontvoerders ook die res van die gesin sou ontvoer indien hy nie sou toesien dat die goud oorhandig word nie.

’n Kollega van Botha, wat anoniem wil bly, sê toe sy Woensdagoggend by die werk opdaag, het waterbottels wat hulle in die firma gebruik, buite die kantoor gestaan.

Dit lyk asof Botha die bottels uit haar voertuig gelaai het, maar niemand weet wat daarna gebeur het nie.

Botha se silwerkleurige Volkswagen Polo is Woensdagmiddag verlate by die Boitumelo-winkelsentrum in Thabong gekry.

Meer oor:  Charmaine Botha  |  Welkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.