Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wenk lei polisie na man wat 3 maande gesoek is

’n Man van Port Elizabeth wat sedert November gesoek word in verband met ’n saak van poging tot moord, is vasgetrek nadat ’n oplettende lid van die gemeenskap die polisie gekontak het.

Rhett Els. Foto: Verskaf

Dit was binne ure nadat die polisie in die media bekend gemaak het dat hulle na die man soek.

Inligting oor ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van Rhett Els (47) is Dinsdagoggend versprei en teen die middag het die polisie ’n wenk gekry oor waar hy hom bevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Els is buite ’n woonstelgebou in Keurboomrylaan in Algoapark in hegtenis geneem. Els het aan ’n motor gewerk toe speurders op hom toesak.

Die polisie het na Els begin soek kort nadat hy glo met sy 65-jarige vriendin se motor en selfoon verdwyn het.

Els het volgens die polisie se inligting gevlug nadat hy dié vriendin na ’n hospitaal gebring het. Sy is glo met ’n mes aangeval.

By die hospitaal het ’n verpleegster gesê sy moet die polisie oor die voorval kontak. Dit is toe dat Els glo die vrou se selfoon en motorsleutels gryp en gevlug het.

Els sou Woensdag op aanklag van poging tot moord in die hof verskyn, maar die saak is tot Donderdag uitgestel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.