Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Werkers beroof terwyl hul koeie melk
Die selfone wat van plaaswerkers geroof het, is nou in die veilige bewaring van die polisie.Foto: SAPS

Gewapen met ’n mes het ’n 49-jarige rower Sondagmiddag op niksvermoedende plaaswerkers, wat besig was om koeie te melk, toegeslaan en vyf werkers van hul selfone beroof.

Die voorval het omstreeks 15:40 op ’n suiwelplaas in die Oos-Kaapse Alexandria-distrik gebeur, het kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, bevestig.

“Maar danksy die polisie se oplettende beamptes van Alexandria se eenheid vir sigbare polisiëring is die verdagte aangekeer nog voordat hy die plaas kon verlaat,” het Govender gesê.

Al vyf die selfone is in die man se besit gevind. Hy is in hegtenis geneem en verskyn Dinsdag in die landdroshof op Alexandria. – Oos-Kaapse kantoor

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.