Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Werknemer’ by Chinese winkelsentrum geskiet
’n 30-jarige man wat glo ’n werknemer by ’n Chinese winkelsentrum in Crown Mines, Johannesburg, was, is Sondagoggend voor die perseel blykbaar deur ’n veiligheidswag doodgeskiet. Foto: Verskaf

’n 30-jarige man is Sondagoggend doodgeskiet buite die Chinese winkelsentrum in Crown Mines, Johannesburg, tydens ’n struweling met ’n veiligheidswag.

Kapt. Lorraine van Emmerik, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het gebeur toe ’n groep werknemers toegang tot die winkelsentrum wou kry.

Sy sê werknemers van die sentrum dra permitte as bewys dat hulle wel daar werk.

Die slagoffer het glo nie so ’n permit gehad nie en die veiligheidswag het verhinder dat hy die perseel betree. ’n Struweling het tussen die twee uitgebreek, sê Van Emmerik.

’n Tweede veiligheidswag het die twee uitmekaar probeer kry. “Die eerste wag se vuurwapen het afgegaan en die slagoffer is raakgeskiet,” sê Van Emmerik.

Ross Campbell, ’n woordvoerder van die nooddiens ER24, sê die man is op die toneel dood verklaar.

Die wag is in hegtenis geneem.

“Hy word aangekla van moord en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Johannesburg verskyn,” sê Van Emmerik.

Die bestuur van die winkelsentrum kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Johannesburg  |  Winkelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.