Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Werksoeker glo na huis gelok en verkrag

’n Jong vrou van Port Elizabeth is die afgelope week verkrag deur ’n man wat haar onder valse voorwendsels oor ’n moontlike werkgeleentheid na sy huis gelok het.

Die 40-jarige verdagte is Woensdagaand in hegtenis geneem nadat die 18-jarige slagoffer sy huis in KwaZakhele aan die polisie uitgewys het.

Volgens die polisie se inligting was sy Dinsdagmiddag op soek na werk in die New Brighton-gebied. Sy het ’n man omstreeks 13:30 in Vukuweg raakgeloop en gevra of hy dalk weet van iemand wat ’n huiswerker nodig het.

Hy het glo gesê sy suster is op soek na iemand om te help met die versorging van hul sieklike ma. Hy het haar saamgenooi huis toe, waar sy suster glo sou wees.

Toe hulle by die woonstel aankom, het die man glo die voordeur gesluit, ’n mes uitgepluk en die vrou daarmee gedreig en haar na bewering verkrag.

Die vrou is nie met die mes beseer nie en het ná die voorval ontsnap en die voorval by die polisie aangemeld.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die man was nie aan die slagoffer bekend nie, maar sy kon onthou waar die verdagte woon en het die woonstel aan die polisie uitgewys.

Die man sal Vrydag op ’n aanklag van verkragting in die landdroshof in New Brighton verskyn.

Naidu sê sy is nie bewus van onlangse voorvalle waarin ’n soortgelyke modus operandi gebruik is nie, maar waarsku lede van die gemeenskap om waaksaam te wees.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.