Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Werktuigkundige helder oordag in sy motor beroof

’n Motorwerktuigkundige van Bloemfontein is helder oordag naby ’n polisiekantoor in die stad van sy selfoon en kontant beroof waar hy in sy voertuig in die verkeer gesit het.

Rudi Venter was Vrydag omstreeks 15:00 op pad van Oos-Einde na sy onderneming elders in die stad toe hy naby die Batho-polisiekantoor deur ’n aantal mans van sy selfoon en sowat R3 500 beroof is.

Hy het by ’n verkeerslig gewag toe die mans uit die niet verskyn en eers sy voertuigsleutels probeer gryp.

Hy het terugbaklei en dit is toe dat hulle sy selfoon en beursie met die geld daarin gryp.

“Ek het een van hulle eers te voet en toe in my motor agternagesit, maar tevergeefs. Hy het in die woongebied verdwyn.”

Toe hy opdaag met die selfoon, het ek hom die boks waarin my selfoon was, gewys en gesê dit is my selfoon.

Hy het die saak by die polisie aangemeld en is saam met die polisie na die verdagte se huis nadat van die omstanders wat gesien het hoe hy die man jaag, die huis aan hulle uitgewys het.

Die man was egter nie tuis nie.

Volgens Venter is hy maar net een van talle slagoffers wat al hier deurgeloop het.

Hy sê sy selfoon is Saterdag op OLX geadverteer.

Hy die verkoper gekontak en ’n ontmoeting gereël.

“Toe hy opdaag met die selfoon, het ek hom die boks waarin my selfoon was, gewys en gesê dit is my selfoon.

“Hy het egter in sy voertuig bly sit, hom nie aan my gesteur nie en weggery.

“Dit gebeur daagliks. Mens kan net ander mense waarsku om versigtig te wees.”

Navrae is aan die polisie gestuur en daar word op terugvoering gewag.

Meer oor:  Werktuigkundige  |  Rudi Venter  |  Beroof  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.