Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wes-Kaapse polisiehoof groet skielik

Die Wes-Kaapse polisie sit weer sonder ’n polisiehoof.

Netwerk 24 het Donderdag vertroulik verneem dat lt.genl. Yolisa Matakata, die Wes-Kaapse polisiehoof, weens persoonlike redes nie haar vyfjaartermyn gaan voltooi nie.

Albert Fritz, die Wes-kaapse LUR van gemeenskapsveiligheid, het bevestig Matakata het die provinsie verlaat.

“Die nasionale polisiebestuur het ons ingelig oor die skuif. Ek en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het reeds die kwessie bespreek.”

Yolisa Matakata is nie meer die Wes-Kaapse polisiehoof nie. Foto: Argief

Fritz sê Matakata het onlangs getrou en ongelukkig bly haar man in Gauteng, so sy het verkies om te skuif.

Hy sê die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, het hom persoonlik oor die verwikkeling ingelig. Volgens Fritz sal die proses met die aanstelling van ’n permanente polisiekommissaris vir die Wes-Kaap nou weer binnekort begin. Die LUR het ook bevestig dat genl.maj. Thembisile Patekile tot tyd en wyl na die Wes-Kaap verplaas word, waar hy vanaf Donderdag as Wes-Kaapse polisiehoof gaan waarneem.

“Ons ken Patekile goed en het reeds goed saam met hom gewerk. Ons verwelkom hom in die stoel,” het Fritz bygevoeg.

Intussen het dit ook bekend geword dat Matakata glo vanaf 15 Februarie 2021 tot verdere kennisgewing as nasionale hoof van misdaadintelligensie gaan waarneem.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, het dié inligting Maandag in ’n interne brief aan alle afdelingshoofde in die polisie bekend gemaak.

Netwerk24 het die brief gesien.

Die geskorste nasionale hoof van misdaadintelligensie lt.genl. Peter Jacobs se tugverhoor begin volgens inligting op Maandag 22 Februarie.

Jacobs is in Desember 2020 geskors nadat hy daarvan beskuldig is dat hy by die onreëlmatige verkryging van persoonlike beskermende toerusting vir polisiebeamptes verbonde aan misdaadintelligensie betrokke is. Die betalings is glo uit misdaadintelligensie se geheime fonds gedoen.

Meer oor:  Yolisa Matakata  |  Albert Fritz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.