Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wes-Kaapse wynboer steek man glo met mes dood

’n Bekende boer van Stanford in die Wes-Kaap word van moord aangekla nadat hy 'n man op sy plaas aangetref het en hom later glo met 'n mes doodgesteek het.

Jan Malan Foto: Facebook

Jan Malan (57), eienaar van die Sir Robert Stanford-wynlandgoed op Stanford, word daarvan aangekla dat hy op 2 Julie vanjaar vir Johan Fortuin (49), ’n inwoner van Stanford, na bewering ná ’n onderonsie by Fortuin se huis met ’n mes doodgesteek het.

Volgens inligting het Malan, wat ook ’n eiendomsagent is, op 2 Julie op sy plaas aangekom en ’n Volkswagen Golf op sy eiendom gesien. Die voertuig het glo weggejaag waarna hy (Malan) dit agternagesit het en tot in Dreyerstraat, Hopland, gevolg het waar die voertuig glo by ’n erf ingery het.

Malan het glo vir die bestuurder van die Golf gevra wat hy op sy plaas gesoek het, waarna daar glo ’n onderonsie tussen die twee mans uitgebreek het en Fortuin met ’n mes doodgesteek is.

Fortuin is in die Hermanus-hospitaal aan sy wonde dood.

Malan is kort daarna in hegtenis geneem en het op Donderdag 4 Julie sy eerste verskyning in die landdroshof op Hermanus gemaak.

Hy is Maandag op borgtog van R3 000 vrygelaat en mag vir die duur van die verhoor glad nie op Stanford woon nie. Hy mag ook slegs Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 17:00 op sy plaas wees vir werk. Hy is ook gelas om sy paspoort aan die polisie te oorhandig.

Die saak is tot 19 September uitgestel.

* Verskeie pogings deur Netwerk24 om kommentaar by Malan te kry was onsuksesvol.

Johan Fortuin en sy vrou, Dorothy.Foto: Facebook

Meer oor:  Johan Fortuin  |  Jan Malan  |  Stanford  |  Moord  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.