Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wetstoepasser aangeval, beseer

’n Kaapse wetstoepassingsbeampte is Sondag met ’n skerp voorwerp in Grassy Park, Kaapstad, aangeval en beseer.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die beampte, wat op ’n klag gereageer het, is in Weverstraat met ’n bottel gegooi.

Traut sê ’n 31-jarige man is in hegtenis geneem en sal in die landdroshof in Wynberg verskyn sodra hy aangekla is.

Melvin Jonkers, voorsitter van die Grassy Park-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê die beampte is in ’n stabiele toestand.

“Ons bid vir die beampte se herstel,” sê hy.

Hy het die voorval ten sterkste veroordeel. “Dit is onaanvaarbaar. Ons pleidooi is dat die gemeenskap nie die wetstoepassers moet verhinder om hul werk te doen nie.”

Hy het die polisie versoek om hul teenwoordigheid in die gebied te verskerp en om mense gereeld vir gevaarlike wapens te deursoek.

“Daar is te veel gevaarlike wapens by mense met kwade bedoelings,” sê Jonkers.

Die GPF kon nie uitwei oor die beampte se rang of die presiese aard van die wetstoepasser se beserings nie.

Meer oor:  Grassy Park  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.