Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wetstoepasser aangeval in operasie teen onwettige handel
’n Wetstoepasser skryf ’n boete uit ten tyde van ’n gesamentlike operasie in Mitchells Plain. Foto: Verskaf deur Wayne Dyason

’n Wetstoepasser van die Kaapstad-metroraad is Woensdag aangeval ten tyde van ’n gesamentlike operasie teen onwettige verkopers, verkeersoortredings en ander misdade in Mitchells Plain.

Een persoon is in verband met die besit van dwelms in hegtenis geneem en drie mense in verband met openbare geweld, het Wayne Dyason, inspekteur van die wetstoepassingseenheid, Vrydag bevestig.

Volgens Dyason is lede van die metropolisie, polisie en verkeersdienste in die middedorp ontplooi toe die geweld uitgebreek het. Een van die wetstoepassers het geringe beserings opgedoen en rubberkoeëls is afgevuur “om die orde te herstel”.

“Boetes vir onwettige handel is uitgereik en beslag is gelê op ’n verskeidenheid items.”


Meer oor:  Mitchells Plain
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.