Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wie sit haak op skillie se dop?

Inwoners van Tzaneen het ’n skilpad in Geelhoutstraat ontdek met ’n haak op sy dop vasgeplak. Die skilpad, wat sowat tien jaar oud is, het duidelik ’n moeilike lewe gehad. Iemand het ook twee gate in sy dop geboor.

’n Haak was op die skilpad se dop vasgeplak.

Azelle Grobler van die Wildrehabilitasiesentrum in Tzaneen sê die skilpad is vermoedelik iewers in die Arborpark-buurt aangehou. Die haak, wat amper soos ’n badprop lyk, en die gate in sy dop is waarskynlik aangebring in ’n poging om hom gevange te hou.

Die haak is nou verwyder, maar al die gom kon nie afgehaal word nie.

Grobler sê skilpaaie mag nie sonder permitte in aanhouding wees nie. “Ek kan sien hy was ’n troeteldier by iemand se huis, want sy voete was skoon. Skilpaaie wat vryelik in die natuur beweeg, se voete is vuiler, sê sy.

Grobler het ’n beloning van R1 000 uitgereik vir inligting wat hulle kan lei na die persoon wat die skilpad beseer het.

“Dit is ’n klein dorpie. Iemand gaan weet waar hy gewoon het.” – Jaco Nel

Meer oor:  Tzaneen  |  Skilpad  |  Dieremishandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.