Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
180 voertuie staan in polisie-werkswinkel in Welkom

Nie minder nie as 180 voertuie staan glo vir herstelwerk by die polisie se werkswinkel in Welkom, maar daar is geen onderdele in voorraad nie.

Boonop is geen onderdele bestel nie, met die gevolg dat die voertuie nog tot in die nuwe jaar nie gebruik kan word nie.

So sê Leona Kleynhans, DA-LW in die Vrystaat, in ’n nuusverklaring.

Sy sê die DA het jare daaroor gekla dat die polisie te min geld kry en dat een van die hoofprobleme ’n tekort aan voertuie is.

“Voertuie wat vir herstelwerk ingeneem word, sou normaalweg binne drie maande beskikbaar wees. Dié 180 voertuie, wat krities belangrik is vir die polisie om hul mandaat uit te voer, gaan egter tot in die nuwe jaar daar bly staan sonder dat dit herstel kan word.”

Leona Kleynhans. Foto: Argief

Kleynhans sê die blitspatrollie in Welkom het geen voertuie beskikbaar sodat lede na tonele van misdaad of moontlike misdaad kan ry en ondersoek nie.

“Geen onderdele is in die laaste maand bestel nie, wat die werkswinkelpersoneel verhinder om hul werk te verrig.”

Kleynhans sê die DA pleit dat die logistieke departemente in die polisie behoorlik toegerus word om hul werk te doen.

Sy sê dit is ondenkbaar dat risiko’s geneem word met die lewens en veiligheid van Vrystaters as gevolg van die tekort aan basiese toerusting en onderdele om voertuie te herstel.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê voertuie word daagliks om verskeie redes na die werkswinkel gebring.

Die getal voertuie daar verskil van dag tot dag.

“As polisiebestuur is ons bewus van die situasie en ons is bekommerd, veral met die oog op die feestyd. Dit is egter deel van ons werk dat ons sulke omstandighede sal hê, veral wanneer ons ons optredes verskerp.

“Die onbeskikbaarheid van voertuie by verskeie eenhede en polisiekantore is ’n bekommernis en wanneer voertuie beskikbaar is, sal dié eenhede en polisiekantore geprioritiseer word. Dit sluit die Welkom-blitspatrollie in,” sê Makhele.

Hy verseker Vrystaters dat die polisie steeds die provinsie met beskikbare hulpbronne kan dien en inwoners in die feestyd kan beskerm.

Meer oor:  Welkom  |  Polisie  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.