Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wild onwettig met honde gejag
Buurtwaglede van AfriForum in Bultfontein het mans betrap met dooie ystervarke in hul besit.

AfriForum se buurtwag in Bultfontein het die afgelope week sewe mense vasgetrek wat glo onwettig wild met hul honde gejag het.

Michelle Peens van AfriForum in die Vrystaat sê drie mans is Dinsdag met ystervarkkarkasse in hul besit betrap. Die mans het vermoedelik die diere met honde gejag.

Buurtwaglede het verlede week ook vier mans met hul honde in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.

Peens sê die Wet op Dierebeskerming verbied mense om enige dier uit te lok of te treiter of enige dier aan te hits om ’n ander dier aan te val.

Sy sê onwettige jagters jag nie net kleinwild met hul honde nie, maar boere kom ook gereeld op dooie of verminkte vee af.

Tony Swanepoel, voorsitter van AfriForum se Bultfontein-tak, sê die gemeenskap moet op die uitkyk wees vir mense wat onwettig jag. Mense wat onwettige jagters teëkom, moet ’n klag by die polisie indien en die korrekte prosedures volg.

Meer oor:  Afriforum  |  Bultfontein  |  Wild  |  Honde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.