Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wildbewaarders in KZN-reservaat doodgeskiet

Twee wildbewaarders is in ’n natuurreservaat in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval Donderdagoggend in Chatsworth, Durban, plaasgevind.

Gwala sê met die polisie se aankoms was die wildbewaarders, onderskeidelik 36 en 47 jaar oud, reeds dood.

Gwala sê die saak word deur die Bayview-polisiekantoor ondersoek. Die name van die oorledenes is nie bekend gemaak nie.

Volgens Mxolisi Kaunda, eThekwini se burgemeester, het die voorval in die Silverglen-natuurreservaat gebeur, berig News24.

“Die twee werknemers het in ’n koeëlreën gesterf terwyl hulle in ’n patrollievoertuig gesit het. Die polisie ondersoek die voorval,” het Kaunda gesê.

Kaunda het gevra dat die polisie die ondersoek bespoedig sodat diegene wat verantwoordelik is, vasgetrek kan word.

“Ons veroordeel die aanval op ons wildbewaarders terwyl hulle die natuurreservaat gepatrolleer het. Dié soort voorvalle kom nie algemeen in ons reservate voor nie en ons het amptenare opdrag gegee om veiligheid en sekerheid in al ons natuurreservate te verskerp.”

Kaunda het ’n beroep gedoen op gemeenskapslede met inligting oor die voorval om na vore te kom sodat die moordenaars vasgetrek kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.