Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Winkel 3de keer beroof, 1 vas

Toe ’n winkel in Port Elizabeth vir ’n derde keer vanjaar beroof word, het dié rowers hulself teen oplettende veiligheidswagte vasgeloop.

’n Veiligheidswag van Atlas Security hou ’n wakende oog oor die vermeende rower wat hulle gearresteer het. Die verdagte se gesig word verbloem om sy identiteit te beskerm tot hy in die hof verskyn. Foto: Verskaf

Een van die twee rowers het Donderdagoggend nog ’n winkeleienaar in Sydenham met ’n vuurwapen oor die kop geslaan, toe hy deur ’n veiligheidswag van Atlas Security platgetrek en geboei word.

Die rooftog het omstreeks 07:30 by ’n winkel in Stebonheath-weg gebeur.

Volgens Monty Montgomery, bedryfshoof van Atlas Security, was hul wagte op patrollies toe hulle op die rooftog reageer.

“Ons beamptes het ’n harde gil gehoor en gesien mense oorkant die straat beduie daar is moeilikheid in die winkel.

“Ons mense het dadelik stilgehou en toe hulle by die winkel ingaan, het hulle gesien die eienaar word vasgehou en dis toe dat ons een beampte sommer die man duik,” sê Montgomery.

’n Ander rower het sy makker net daar gelos en met die buit laat spaander.

Volgens Montgomery is dit die derde keer vanjaar dat die winkel beroof is en hy hoop dié inhegtenisneming sal ander voornemende rowers afskrik om weer die winkel te teiken.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê die 23-jarige verdagte van KwaZakhele, sowat 7 km van Sydenham, is aan die polisie oorhandig.

Die winkeleienaar wat beseer is, ontvang behandeling vir sy kopwond van een van die veiligheidswagte. Foto: Verskaf

Die winkeleienaar het ’n kopwond opgedoen terwyl hy met een van die rowers gestoei het.

Die tweede rower het met selfoonlugtyd, sigarette en kontant weggekom.

Die tweede rower is nog op vrye voet.

Meer oor:  Atlas Security  |  Monty Montgomery  |  Port Elizabeth  |  Beroof  |  Roof  |  Veiligheidswagte  |  Winkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.