Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Winkeleienaar, assistent geskiet gedurende rooftog

’n Winkeleienaar en sy assistent is Sondagaand in ’n mislukte rooftog in die Phomolong-township, Hennenman, gewond.

Winkeleienaars in die township sê hulle loop toenemend onder diefstal en rooftogte deur.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê twee mans het die winkel, Phomolong LM, omstreeks 19:00 binnegekom en ’n vuurwapen op klante gerig en die kassier gedreig.

’n Derde rower het die winkeleienaar en nog ’n werknemer wat buite gestaan het, beveel om die winkel binne te gaan.

Die winkeleienaar was huiwerig om by die winkel in te gaan en een van die rowers het hom in sy skouer geskiet. Die kassier het glo geweier om van die geld te oorhandig waarna hy ook in die skouer geskiet is.

Die rowers het sonder om enigiets te roof van die toneel gevlug.

Die rowers het sonder om enigiets te roof van die toneel gevlug.

Makhele sê die polisie ondersoek klagte van gewapende roof en poging tot moord.

Winkeleienaars, meestal buitelanders, sê die situasie in die township is onuithoudbaar. Hulle word bykans daagliks beroof of loop onder inbrake deur.

Inbrake by huise en sakeondernemings het volgens die pas uitgereikte misdaadstatistieke met onderskeidelik 25% en 22% gestyg. Die toename in rooftogte word nog nie in die huidige statistieke weerspieël nie omdat dit volgens die winkeleienaars eers in Junie skerp begin styg het.

Die twee mans, burgers van Bangladesj, is vir die skietwonde behandel en reeds uit die hospitaal ontslaan.

Meer oor:  Hennenman  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.