Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Winkeleienaar duik rower plat

Die bestuurder van ’n supermark in Rosedale, Kariega (Uitenhage), het ’n man wat sy winkel wou beroof, platgeduik en toe in hegtenis geneem.

Die 27-jarige rower het Vrydag om 10:00 by die winkel in Bloekomboomstraat ingestap.

Hy het tot by een van die werkers gestap en haar in die nek gesteek.

’n Klant, wat probeer het om die werker te help, is deur die rower in sy bors gesteek.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die rower het toe oor die winkel se toonbank gespring. “Toe hy nie daarin kon slaag om die kasregister oop te kry nie, het die winkelbestuurder hom getakel.

“Van die ander werkers het die bestuurder gehelp om die man in hegtenis te neem, en hy is later aan die polisie oorhandig.”

Die mense wat gedurende die voorval beseer is, is hospitaal toe geneem.

Die verdagte gaan binnekort op ’n aanklag van sakeroof in die hof verskyn.

Meer oor:  Kariega (Uitenhage)  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.