Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Winkeleienaar se seun vas ná rooftog

Die polisie in Port Elizabeth het gistermiddag twee verdagtes in ’n winkelrooftog – onder wie die eienaar se seun – in hegtenis geneem kort nadat daar op dié winkel in Sunridgepark toegeslaan is.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het ’n onbekende persoon omstreeks 11:45 by die winkel ingestap en die winkelassistent met ’n vuurwapen gedreig. “Die assistent is toegesluit in ’n ander vertrek, waarna nog drie of vier verdagtes by die winkel ingekom en parfuum in hul sakke gepak het,” sê Naidu. “Die assistent is gered nadat ’n ander werknemer teruggekeer en haar aan die deur hoor slaan het.”

Die voertuig waarin die verdagtes gevlug het, is later op kringtelevisiemateriaal uitgeken. Lede van die Port Elizabeth-blitspatrollie het die winkeleienaar tuis in Blouwaterbaai gaan ondervra. “Terwyl hulle besig was hier, het die verdagte (21), die eienaar se seun, na die huis gery. Hy het probeer om van die polisie te ontsnap, maar is in dieselfde straat vasgetrek en in hegtenis geneem in verband met sakeroof.”

Verdere ondersoek het die beamptes gelei na ’n huis in Motherwell, waar ’n vrou (28) ook in hegtenis geneem is. “Sommige van die gesteelde parfuum en ander duur toerusting, asook ’n speelgoedrewolwer, is teruggevind.” Die vrou is in hegtenis geneem op ’n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Sy word nog nie verbind met die roof nie, maar die sake sal saam ondersoek word.”

Die verdagtes sal môre onderskeidelik in die landdroshowe in Port Elizabeth en Motherwell verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.