Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Winkeleienaar vermoor in sy woonstel by winkel gevind

’n Sakeman van Port Nolloth is Saterdagoggend vermoor in sy woonstel by sy sakeperseel aangetref.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die lyk van Carlos Alves (55), die eienaar van die Kings Supermark, is omstreeks 06:00 gevind.

Tawana sê dit is nie in dié stadium duidelik of enigiets uit die woonstel geroof is nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die motief vir die moord is nog onbekend.

Die moord op Alves kom sowat ’n maand nadat Khalil Lotfy, ’n buitelandse burger en sakeman, koelbloedig en helder oordag in Springbok doodgeskiet is.

Lotfy is deur vyf mans van ’n onbekende bedrag kontant beroof.

Carlos Alves, eienaar van die Kings Supermark in Port Nolloth, is Saterdagoggend dood in sy woonstel gevind. Foto: Facebook

Vier van die verdagtes is kort daarna in Okiep in hegtenis geneem terwyl nog ’n verdagte op die N14 naby Kathu in hegtenis geneem is.

Zebulon Ricardo, ’n inwoner van Springbok wat Alves goed geken het, sê hy was ’n geliefde inwoner wat baie vir die gemeenskap van Port Nolloth gedoen het.

“Hy het aan baie van die inwoners werk verskaf by sy winkel en was ook by etlike plaaslike inisiatiewe betrokke. Hy het ook graag studente wat gesukkel het, geldelik gehelp sodat hulle na die instansies waar hulle studeer het kon reis.”

Ricardo sê Alves was lief vir mense.

“Hy het selfs die delwers gehelp wat gesukkel het om na hul families om te sien.”

Ricardo sê die inwoners van Port Nolloth treur oor Alves se dood, maar hulle lewe ook in vrees.

Alves se seuns, Alexandre Alves en Sergio Diergaardt, wil nog nie met die media praat nie.

Ek word vanoggend wakker en wens dat alles net ’n slegte droom was. Pappa. Dit is ongeloof, ek het jou so nodig.

Alexandre het Sondag ’n foto van sy pa met ’n boodskap daarby op Facebook geplaas.

“Ek word vanoggend wakker en wens dat alles net ’n slegte droom was. Pappa. Dit is ongeloof, ek het jou so nodig. My hart sal dit nooit aanvaar nie, maar ek weet jy is in ’n beter plek waar jy nooit weer seer sal kry nie. Ek wens ek kon nog net een keer sê hoe lief ek jou het. Vlieg hoog saam met die engele.”

Die polisie in Port Nolloth sê hulle volg alle moontlike leidrade op en versoek die gemeenskap om met enige inligting na vore te kom.

Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Ronel Grobbelaar of kapt. Elseré Bok by 027 855 1102 bel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Vermoor  |  Woonstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.