Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Winkeleienaars met skuldenaars se ID’s, kaarte betrap
Die polisie in Keimoes het op dié Sassa-, bankkaarte en identiteitsdokumente beslag gelê toe hulle op drie winkels toegeslaan het. Foto: André Damons

Drie buitelandse winkeleienaars verskyn eersdaags in Keimoes in die Noord-Kaap in die hof nadat hulle Woensdagaand met mense se Sassa-kaarte en identiteitsdokumente betrap is.

Die Sassa-kaarte en ID’s behoort glo aan mense wat die winkeleienaars geld skuld.

Kapt. Olebogeng Tawana, ’n polisiewoordvoerder, sê die mans is in hegtenis geneem nadat lt.kol. Barney Visagie, stasiebevelvoerder van die Keimoes-polisiekantoor, inligting van ’n inwoner ontvang het.

Volgens die inligting was daar winkeleienaars wat in besit was van Sassa-, bankkaarte en ID’s van hul klante wat glo in die skuld was by hulle.

Sers. Skalk Oberholster, konst. Louis Kotzee en konst. Vuyo Nxusani van die Keimoes-misdaadvoorkomingseenheid het omstreeks 20:50 op die wenk gereageer en die drie winkels besoek en dit deursoek.

Volgens Tawana het die beamptes 178 pakkies met Sassa-, bankkaarte en ID’s, wat aan inwoners behoort, in die winkels gekry.

Die drie winkeleienaars is in hegtenis geneem vir die oortreding van die Nasionale Kredietwet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.