Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wollerige passasiers uit ‘sindikaat’ se kombi gered
Minstens 30 skape is by die kombi ingeboender.Foto: Polisie

Die polisie het vyf verdagtes in hegtenis geneem.Foto: Polisie
Al die skape was in die kombi.Foto: Polisie
Die vermeende veediewe het die skape in ’n kombi vervoer.Foto: Polisie

’n App waarmee gesteelde vee opgespoor kan word, word nou in gebiede gebruik waar boere onder veediefstalle deurloop.

Dit is Maandag bekend gemaak nadat ’n kombi met minstens 30 ongewone passasiers Vrydag in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap voorgekeer is.

Die kombi van ’n vermeende sindikaat wat minstens 30 skape gesteel het en by die voertuig ingeboender het, is voorgekeer en die skape is gered.

Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, sê die polisie het vyf verdagtes in hegtenis geneem nadat die polisie op ’n wenk gereageer het.

“Die verdagtes is vermoedelik deel van ’n sindikaat wat in die Oos-Kaap, sowel as in die Vrystaat bedrywig is,” het sy gesê.

Die verdagtes, wat tussen die ouderdom van 22 en 39 is, het reeds Maandag in die hof verskyn.

Mpho Rabela, adjunkbevelvoerder van die polisiëringsgebied, het die polisie geloof vir die opsporing van die skape.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het aangekondig dat ’n app, wat vee monitor en kan opspoor, met die bekamping van die veediefstalle kan help.

Kinana het gesê die app, Technology Cattle Watch, is in oorleg met die regering ontwikkel en is reeds bekend gestel op plekke waar veediefstalle die ergste is.

“As die polisiediens dié tegnologie aanvaar, sal dit sekerlik help met die uitdagings wat plaasgemeenskappe en die polisie tans in die gesig staar,” het Kinana gesê.

Die polisie in die Oos-Kaap het vroeër vandeesmaand ook 25 gesteelde skape gered nadat hulle in ’n gat in die grond weggesteek is.

Die polisie het ’n wenk ontvang en die skape op ’n plaas in die Avondale-gebied gekry.

Kinana het toe gesê dat die skape wat in ’n donker gat versteek was, is aan die boer terugbesorg.

Meer oor:  Skape  |  Veediefstal  |  App
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.