Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wolseley-moord: Man vry ná ondervraging

’n Man wat sedert Maandag in verband met die moord op Renée Jain (50) ondervra is, is Woensdag vrygelaat.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, kan die 39-jarige man nie met die moord verbind word nie.

Drie inbrekers het Jain op Vrydag 26 Maart in haar huis op die De Vierde Liefde-landgoed buite Wolseley vermoor.

Van Wyk het gesê die soektog na Jain se moordenaars gaan voort. Na verneem word, is sy versmoor.

Die rooi pyl dui Renée Jain en haar man, Raj, se huis op die De Vierde Liefde-landgoed buite Wolseley aan. Foto: Maygene de Wee

Bronne het verlede week gesê sy was alleen in haar en haar man, Raj, se huis op die landgoed.

Sy het glo die week alleen in hul huis op die landgoed aangebly om hul tuin uit te lê.

Jain is vermoedelik tussen 22:00 en 23:00 oorval en volgens bronne was daar geen gedwonge toegang tot die huis nie.

Renée Jain Foto: Facebook

Daar is ook gesê dat die huis se kringtelevisiekameras af was.

Volgens inligting is net ’n selfoon, tablet of skootrekenaar en juweliersware gesteel.

Die juweliersware is die Saterdag by die Tulbagh-begraafplaas in die voertuig gevind van ’n nog egpaar wat op die landgoed woon en by wie se huis ook die aand ingebreek is.

Die juweliersware is glo in ’n sokkie in die voertuig gevind.

Meer oor:  Wolseley-Moord  |  Renée Jain  |  Wolseley  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.