Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wolseley-moord: Niemand nog in hegtenis

Niemand is nog in hegtenis geneem weens die moord op die dogter van ’n oudredakteur van Sarie wat gedurende ’n huisrooftog in die De Vierde Liefde-landgoed in Wolseley in die Wes-Kaap dood is nie.

Renée Jain (50) is die dogter van Cathy Bruyns en wyle André (Bakkies) Rossouw. Hy was ’n redakteur van Sarie, ’n assistentredakteur van Huisgenoot en lank die skrywer van die Die Burger-rubriek “Van alle kante”.

Renée Jain Foto: Facebook/Renée Jain

Die voorval het Vrydag omstreeks 23:00 plaasgevind.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê daar was nog geen inhegtenisnemings nie.

Nog mense – na verneem word ’n ouer egpaar – is in ’n nabygeleë woning vasgebind en beroof.

Daar was glo drie aanvallers.

Bruyns wou nie Maandag verder kommentaar lewer nie. Sy het Sondag gesê die gebeure voel nog onwerklik.

Vroeër is berig Raj Jain, Renée se man, het Vrydagaand in Kaapstad oorgeslaap omdat hy werk moes afhandel. Hy sou Saterdag terugkeer huis toe.

Volgens Raj se Facebook-profiel is die egpaar in Januarie 2012 getroud.

Bruyns en Rossouw het twee dogters gehad. Hul ander dogter, Nicci, is aan bloedkanker dood.

Bruyns het lank ’n bekende bloemistewinkel in Kaapstad gehad. Dis later deur Nicci oorgeneem.

Huldeblyke vir Jain het op Facebook ingestroom, onder meer van Fedisa, ’n mode-akademie waar sy ’n lid van die adviesraad was. Jain was ’n saketoepassingsbestuurder by Cape Union Mart, volgens haar Facebook-profiel. Volgens die Facebook-groep Hoërskool Jan van Riebeeck Alumni was sy in 1987 in matriek aan die skool.

Geen begrafnisreëlings is nog bekend gemaak nie.

Meer oor:  Wolseley  |  Renée Jain
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.