Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wolseley-moorde: Beskuldigde in hof ná 3 lyke gekry is

’n Man het Dinsdag in verband met die ontdekking van drie lyke vlugtig in die landdroshof in Wolseley verskyn.

Die hof het Dinsdag gehoor dat Siyamcela Sombambela (32) glo ’n skulderkenning in verband met die gruvonds aan die polisie gemaak het.

Hy word daarvan verdink dat hy ’n reeksmoordenaar is wat vroue in die informele nedersetting Pine Valley geteiken het. Die woonbuurt huisves meestal plaas- en seisoenwerkers.

Siyamcela Sombambela (32) met sy verskyning in die landdroshof in Wolseley. Foto: Jaco Marais
Siyamcela Sombambela (33) met sy verskyning in die landdroshof in Wolseley. Foto: Jaco Marais

Die drie lyke is in twee afsonderlike voorvalle die naweek ontdek nadat die polisie ’n wenk oor die verdagte optrede van ’n inwoner gekry het.

Bernadine Frans (21) se lyk is Saterdagaand gekry en ’n verdagte is kort daarna aangekeer, waarna die polisie die volgende dag op nog twee lyke in vlak grafte afgekom het. Die twee vroue, wie se name nog nie bekend gemaak is nie, is volgens die owerhede reeds uitgeken.

Volgens die plaaslike owerhede is Sombambela oorspronklik van die Oos-Kaap en werk glo die afgelope ruk as ’n plaaswerker in die Stellenbosch-omgewing.

Inwoners van die gebied het na die landdroshof opgeruk om die hofverskyning by te woon. Woedende inwoners het Sombambela se woonwa glo die naweek aan die brand gesteek.

Gemeenskapslede beweer al drie die slagoffers is verwurg.

Die Wes-Kaapse provinsiale kommissaris, lt.genl. Yolisa Matakata, het Maandag die informele nedersetting Pine Valley in Wolseley besoek. Foto: SAPD
Die polisielede op die toneel waar die lyke gekry is. Foto: SAPD

Lt.genl. Yolisa Matakata, Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris, het Wolseley Maandag besoek om eerstehands inligting van die voorvalle te bekom.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê dat die polisie nie die moontlikheid kan uitsluit dat daar meer slagoffers is nie.

Kapt. Kobus Neethling van die Worcester-polisie het inwoners wie se familielede of vriende vermis word, gevra om die polisie op Worcester by 023 348 6100 te skakel.

Die saak is tot 9 Desember uitgestel.

Kristien en Liaan Marthinus, die ma en stiefpa van Bernadine Frans wie se lyk Saterdag gekry is. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Bernadine Frans  |  Wes-Kaap  |  Wolseley  |  Wolseley-Moorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.