Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Wraakaanvalle’ eis 2 wat insleepwaens bestuur
Forensiese patoloë en lede van die polisiediens op die toneel waar Clinton Wagner se lyk Maandag in Idasvallei aangetref is.Foto: Zayne Johannes

Twee bestuurders van insleepvoertuie in Idasvallei, Stellenbosch, is dood in wat vermoedelik wraakaanvalle was.

In die jongste voorval is Clinton Wagner (37), ’n bestuurder van ’n insleepvoertuig, Dinsdag na bewering deur lede van die 27-bende vermoor, sê ’n bron na aan die ondersoek.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het Wagner se lyk in die straat langs die sypaadjie in Botmanskop gevind. “Die oorledene het kopbeserings gehad en is doodgeskiet.”

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Carlyle Adams. Foto: Facebook

Intussen is Carlyle Adams (36) Maandag vyf keer geskiet terwyl hy in Merrimanlaan, Idasvallei, in sy insleepwa gesit het.

Hy was volgens die bron glo lid van ’n vyandige groep in die 27-bende.

Clinton Wagner se pa, Clive (61), ’n adjunkhoof van die Hoërskool Gordon in Somerset-Wes, ontken dat sy seun ’n bendelid was.

“Ek kan met sekerheid sê my seun was nie lid van ’n bende nie. Hy was wel ses maande in die tronk nadat hy aan aanranding skuldig bevind is, maar toe hy uit die tronk kom, het hy sy lewe reggeruk.

“Hy was ’n saggeaarde mens wat altyd alleen was. Hy kon beslis nie deel van ’n bende gewees het nie.”

Volgens Wagner sr. was Clinton op pad na sy broer, Heinrich (32), waar hulle sou braai, toe hy geskiet is.

Clinton word Saterdag om 10:00 vanuit die Volkskerk in Idasvallei begrawe, sê Wagner sr.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.