Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wrakstukke lê in pad ná transitoroof
Die transitorooftog wat Vrydagaand (vanaand) by Sasolburg plaasgevind het waar ’n geldwa opgeblaas is.Foto: Verskaf

Wrakstukke van ’n geldwa het Vrydagmiddag laat oral in ’n straat in Vaalpark in Sasolburg rondgelê waar rowers vroeër toegeslaan, die geldwa opgeblaas en ’n onbekende bedrag geld geroof het.

Verskeie mense het hierna op Twitter kommentaar op die voorval gelewer en foto’s geplaas.

Een het gesê dat die hoë werkloosheidsyfer in die land tot dié tipe rowery bydra. “Die mense is honger en soek werk,” het een getwiet.

Die transitorooftog het in Minnaarstraat in Vaalpark in Sasolburg plaasgevind.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê dat een sekuriteitswag, wat nie te ernstig beseer is nie, met een van hulle ambulanse na ’n hospitaal gebring is.

* Ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, het Vrydagaand bevestig dat daar ’n transito-rooftog in Sasolburg was en dat die Valke die ondersoek sal behartig.

Sy kon nog nie bogenoemde inligting bevestig nie, maar kon wel bevestig dat daar so ’n voorval was.

Die transitorooftog wat op Vrydagaand (vanaand) by Sasolburg plaasgevind het waar ’n geldwa opgeblaas is.Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.