Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wynmaker en sy vrou dood op plaas gekry
Hein Hesebeck het vermoedelik Dinsdag sy vrou van die afgelope ses jaar en homself doodgeskiet. Foto: Facebook

’n Voorval waarin ’n bekende wynmaker van die Paarl glo eers sy vrou en toe homself geskiet het, word deur die polisie ondersoek.

Hein Hesebeck (61) en sy vrou, Anneline (57), se liggame is Dinsdagaand met skietwonde in hul huis op die plaas Bloemenprag op die Paardeberg-pad buite die Paarl gevind.

Volgens bronne het Hesebeck vermoedelik sy vrou en homself geskiet. Hulle het glo albei kopwonde gehad.

Die egpaar het glo huweliksprobleme ondervind en was glo besig om te skei. ’n Bron het gesê Anneline was glo op die punt om uit die huis te trek.

Volgens Anneline se Facebook-blad is sy en Hesebeck op 29 Januarie 2014 getroud.

’n Buurvrou het glo reeds Dinsdagoggend skote gehoor, maar het gedink dit kom van een van die omliggende buurplase af.

Anneline Hesebeck is vermoedelik Dinsdag deur haar man, Hein, doodgeskiet. Foto: Facebook

’n Polisiewoordvoerder, sers. Noloyiso Rwexana, het Woensdag gesê die polisie is om 19:50 na die huis ontbied waar hulle op die egpaar se lyke afgekom het.

Anneline is glo in een van die leefvertrekke gevind en Hesebeck in ’n slaapkamer.

Op die Facebook-blad Paarl Boys’ High Old Boys Union is Hesebeck se heengaan betreur. Hy was in 1978 daar in matriek.

“Hy was lid van die eerste rugbyspan in 1978 en ’n bekende wynmaker. Ons gebede is met sy kinders, Hein jr. en Nena, familie en vriende. Tandem Fit Arbor Surculus,” lui die inskrywing.

Volgens Rwexana het die polisie ’n moorddossier en ’n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek geopen.

Sy het gesê die voorval word ondersoek.

Meer oor:  Wynmaker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.