Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wysigings vee dalk misdaadboek skoon

Dit is beslis ’n stap in die regte rigting.

So sê die strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis oor moontlike wysigings aan die Strafproseswet.

Dié wysigings sal dit moontlik maak dat iemand wat ’n afkoopboete betaal in die toekoms in sekere gevalle nie ’n misdaadgeskiedenis sal hê nie.

Art. 57 van die Strafproseswet maak dit tans duidelik dat die betaling van ’n skulderkenningsboete gelykstaande is aan ’n skuldigbevinding in ’n geregshof.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste.

So iemand het dan outomaties ’n misdaadgeskiedenis.

Roland Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van Steve Swart (ACDP) gesê die betaling van ’n afkoopboete is ’n belangrike meganisme van die strafregstelsel.

Dit is omdat dit aan mense die geleentheid bied om skuld te erken vir minder ernstige oortredings. Dit verlig ook die las op die howe wat toegegooi is onder sake.

Nadat iemand ’n afkoopboete betaal het, word dit in die strafsakeboek opgeteken. Dit word dan beskou dat die beskuldigde deur ’n hof skuldig bevind en gevonnis is en dus ’n misdaadgeskiedenis het.

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, het kort ná die aanvang van die Covid-19-inperking ’n afkoopboete betaal nadat dit bekend geword het sy het die inperkingsmaatreëls oortree.

Dit was nadat foto’s op sosiale media verskyn het van ’n middagete wat sy aan huis van Mduduzi Manana, ’n voormalige adjunkminister van hoër onderrig en -opleiding, en sy familie gehad het. Mense het woedend op sosiale media gereageer.

Daar is egter gevalle waarin mense vir minder ernstige oortredings – byvoorbeeld vir sekere verkeersoortredings – nie ’n misdaadgeskiedenis sal hê wanneer hulle die boete betaal nie.

In dié gevalle bepaal ’n landdros self die boete.

Lamola sê daar is egter nie eenvormigheid in al die howe oor die boetes nie.

Die minister sê in ’n konsepwet word voorgestel die Strafproseswet moet gewysig word en onder meer daarvoor voorsiening maak dat:

• Die betaal van ’n boete nie tot ’n misdaadgeskiedenis sal lei nie;

• Die betaal van ’n skulderkenningsboete wel tot ’n misdaadgeskiedenis kan lei;

• Sekere misdaadgeskiedenisse geskrap word wat spruit uit skulderkenningsboetes;

• Dat misdaadgeskiedenisse wat spruit uit skulderkenningsboetes vir nietige oortredings wat begaan is voordat die nuwe wet van krag word, geskrap word;

• ’n Proses begin word om die oortredings te identifiseer, onderworpe aan parlementêre goedkeuring, waarvoor boetes betaal kan word wat nie tot ’n misdaadgeskiedenis sal lei nie; en

• ’n Proses van hersiening begin word vir skulderkenningsboetes wat wel tot ’n misdaadgeskiedenis lei.

Die voorgestelde wysigingswet sal volgende maand vir kommentaar gepubliseer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.