Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ysterpenne in pad: Motoriste weer op N1 in Limpopo beroof

Motoriste word gewaarsku om uiters versigtig te wees op die N1 tussen Polokwane en die Kranskop-tolplaza buite Modimolle in Limpopo, waar die voorvalle van ysterpenne op die pad weer toegeneem het.

Saterdag en Sondag was daar drie voorvalle waarin ysterpenne motors se bande gesny het, sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo.

Bendes gewapende rowers skuil veral ná donker in die veld langs die N1 en beroof die insittendes van die voertuie wat tot stilstand gedwing word.

Die Heritage Protection Group (HPG), ’n misdaadbekampingsorganisasie in Limpopo, het die polisie die naweek gehelp om te soek na rowers wat ysterpenne op die N1 buite Mokopane gepak het.

spikes, snelweë

Soortgelyke voorvalle het ook al op die nabygeleë R101- alternatiewe roete tussen Mokopane en Polokwane gebeur.

Mojapelo sê die polisie ondersoek drie klagte van gewapende roof nadat motoriste Saterdag en Sondag op die N1 en R101 in die Mokopane-omgewing beroof is.

In een van die voorvalle moes die bestuurder van ’n bakkie stilhou nadat hy oor die ysterpenne gery het. Hy was besig om die voertuig se een wiel om te ruil toe minstens drie gewapende rowers op hom toesak.

Hulle het skote op die bestuurder geskiet en hom en sy vrou die bosse ingedwing en van selfone en bankkaarte beroof. Die rowers het daarna gevlug. Die egpaar het geringe beserings opgedoen.

In twee ander voorvalle is motoriste Saterdag en Sondag op onderskeidelik die N1 en die R101 beroof nadat hulle ook oor ysterpenne gery het.

Mojapelo sê in al die voorvalle het die rowers pistole gehad en die insittendes beroof. Hul beursies, geld, selfone, skootrekenaars en selfs die klere in hul tasse is gesteel.

HPG en die polisie was Sondagaand warm op die spoor van die rowers. Dit blyk dat die rowers buite Mokopane op pad na Polokwane deur hul makkers in ’n motor opgelaai is.

Daar was in Junie en Julie soortgelyke voorvalle naby die The Ranch-oord buite Polokwane.

Mojapelo sê die polisie van Mokopane ondersoek die naweek se voorvalle.

Meer oor:  Polokwane  |  Modimolle  |  Ysterpenne  |  Motoriste Beroof  |  N1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.