Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Zandspruit: 3 gou vas ná township-geweld

Drie verdagtes is in hegtenis geneem en nog twee mans is in die hospitaal dood ná die boendehofvoorval Woensdag in Zandspruit by Johannesburg.

’n Ontstoke groep van sowat 200 mense het nege mans Woensdag omstreeks 02:00 gaan soek en na die sportvelde gebring, waar hulle aangerand en aan die brand gesteek is.

Die gemeenskap beweer dié nege mans het hulle oor ’n lang tydperk besteel en geterroriseer.

Die sportterrein in Zandspruit in Johannesburg waar nege mans Woensdagoggend vroeg aan die brand gesteek is. Drie is nog in ’n kritieke toestand in die hospitaal. Foto: Ntwaagae Seleka/News24

Die polisie het intussen drie verdagtes in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Vier van die mans was reeds dood toe die polisie daar aankom en vyf is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. Twee van hulle is sedertdien ook dood. Familielede van Irvin Mailey en Lucky Tshabalala (albei 32) het aan News24 bevestig hulle is in die hospitaal dood.

Tshabalala is Woensdagmiddag dood en Mailey Donderdagoggend.

Die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng het Donderdag die polisie geloof vir die blitsige inhegtenisneming van drie verdagtes.

Meer oor:  Zandspruit  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.