Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Zastron: 3 doodgesteek, 1 doodgebrand

Drie mans is die naweek in drie afsonderlike voorvalle in Zastron met messe doodgesteek en ’n vierde man het in sy sinkhuis doodgebrand.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie in die Vrystaat ondersoek drie moorde en is ook besig met een geregtelike doodsondersoek nadat vier mans grusaam dood is.

Hy sê in die eerste voorval het drie mans in die Matlakeng-woonbuurt van Zastron in ’n woordewisseling oor ’n vrou betrokke geraak en ’n 24-jarige man is in die bors gesteek. Dié man is op die toneel dood en die ander twee mans is in hegtenis geneem.

Makhele sê oomblikke later is die polisie na ’n ander toneel ontbied waar die verkoolde lyk van ’n onbekende man in ’n sinkhuis gekry is.

’n Geregtelike doodsondersoek word in dié geval gedoen.

Saterdagaand teen 23:15 is ’n man wie se identiteit nog nie vasgestel is nie dood nadat hy in ’n geveg met ’n mes in sy nek gesteek is.

Die polisie het Sondagoggend omstreeks 00:55 die vierde toneel besoek waar drie mans ’n huis beroof het.

Die drie rowers het ’n huisbewoner aangerand waarna hy een van hulle met ’n mes doodgesteek het. Die 36-jarige huisbewoner is in hegtenis geneem.

Makhele sê die moorde kan nie in die stadium met bendegeweld verbind word nie maar die polisie sluit nie die moontlikheid uit nie.

Die drie mans wat in hegtenis geneem is, sal Dinsdag in die landdroshof op Zastron verskyn.

Meer oor:  Zastron  |  Brand  |  Misdaad  |  Doodgesteek  |  Moorde  |  Doodgebrand  |  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.