Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Zondo-kommissie verskerp veiligheid ná voorvalle

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping sê hy sal sy veiligheidsmaatreëls verder verskerp ná die naweek se inbraak by die kommissie se kantore in Parktown, Johannesburg.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het Maandagoggend voordat die dag se sitting begin het ook onthul ’n skoot is verlede week deur ’n venster van die kantore van die kommissie geskiet.

Die kommissie het later in ’n verklaring gesê ’n rekenaar en ’n monitor is Saterdag in die inbraak gesteel. Daar is afskrifte van al die dokumente op die rekenaar en al die data is gerugsteun.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Felix Dlangamandla
Eerw. Mbuyiselo Stemela, die kommissie se woordvoerder, sê in die verklaring die kommissie werk met uiters belangrike, vertroulike en baie sensitiewe inligting. Daarom is die kommissie baie besorg oor die inbraak.

Hy sê die koeël wat die vorige naweek op die kantoor geskiet is, is in die kommissie se biblioteek gevind.

Klagte oor albei voorvalle is by die Hillbrow-polisiekantoor ingedien, sê Stemela.

Zondo het gesê niemand sal die belangrike werk van die kommissie ontwrig nie. Albei die voorvalle is rede tot kommer, het hy gesê.

Die kommissie is vroeg in 2018 tot stand gebring. Opspraakwekkende getuienis is sedertdien voor die kommissie gelewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.