Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Motoriste ontsteld oor Sanral-boelietaktiek

Gautengse motoriste het Dinsdagoggend met ontsteltenis gereageer op Sanral se “boelietaktiek” omdat motoriste by padblokkades uitgevra word oor hul etol-skyfies.

Die Gautengse Verkeerspolisie (GVP) en Sanral het padblokkades regoor Gauteng gehou waar Sanral se etol-voertuie geparkeer was - sommige met blou ligte.

Volgens Busathi Nxumalo, GVP-woordvoerder, het beamptes geen reg om motoriste te dwing om etol-skyfies te koop nie.

“Dit is nie in dié stadium 'n oortreding om nié 'n etol-skyfie te hê nie. Sanral se voertuie word net aan die gemeenskap gewys. Dit gaan oor sigbaarheid.

“Die GVP het voortgegaan om lisensies na te gaan.”

Motoriste het op sosiale netwerke teen dié bewusmakingsveldtog uitgevaar en dit boelietaktiek genoem.

Die verkeerspolisie wat mense in Pretoria by die Rigel-afrit op die N1-snelweg afgetrek het, het gesê hulle is besig met wetstoepassing.

Dié lede het motoriste sedert Dinsdagoggend afgetrek en onder meer gevra of hulle etol-skyfies het.

By dié afrit het twee vraghouers gestaan met die etol-handelsmerk daarop.

Een lid het aan Beeld gesê: "Ons gaan nie nou optree teen mense wat nie etol-skyfies het nie, maar sal binnekort."

Gautengse verkeerspolisielede het motoriste Dinsdag by die Rigel-afrit op die N1-snelweg in Pretoria afgetrek en glo onder meer gevra of hul etol-skyfies het. Foto: Lisa Hnatowicz/Foto24
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.