“Kyk, Mabilo is ook hier. Hy kruip soos ’n klein hondjie agter die premier weg,” het Tumelo Mosikare, ’n gemeenskapsaktivis van Kimberley, Donderdagoggend op die trappe van die premierskantoor gesê toe inwoners van die stad oor dienslewering betoog het.