Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
12 beste stadsrade in Wes-Kaap

12 van die beste provinsiale munisipaliteite in die land is in die Wes-Kaap, terwyl die meerderheid van die swakste munisipaliteite in KwaZulu-Natal is.

Volgens die jaarlikse Good Governance Africa (GGA)-indeks vir 2019 is die beste munisipaliteit dié van Mosselbaai, ’n DA-munisipaliteit. Tweede is Senqu, ’n ANC-munisipaliteit in die Lady Grey-omgewing in die Oos-Kaap, en derde is die Swartland-munisipaliteit, ’n DA-munisipaliteit in die Wes-Kaap, wat Malmesbury insluit.

Die res van die top-20-munisipaliteite is:

4. Sol Plaatje (ANC, Noord-Kaap);

5. Groter Kokstad (IVP, KwaZulu-Natal);

6. Midvaal (DA, Gauteng);

7. Khai-Ma (ANC, Noord-Kaap);

8. Bergrivier (DA/KGP, Wes-Kaap);

9. Kaap Agulhas (DA, Wes-Kaap);

10. Prins Albert (DA, Wes-Kaap);

11. Swellendam (DA, Wes-Kaap);

12. Cederberg (DA, Wes-Kaap);

13. Matzikama (DA, Wes-Kaap);

14. Overstrand (DA en Cope, Wes-Kaap);

15. Witzenberg (DA, Wes-Kaap);

16. Koukamma (ANC, Oos-Kaap);

17. Hantam (DA en VF+, Wes-Kaap);

18. Nama Khoi (ANC en KSR, Noord-Kaap);

19. Hessequa (DA, Wes-Kaap); en

20. Langeberg (DA, Wes-Kaap).

Op ’n vergadering van Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, en dr. Ivan Meyer, LUR vir finansies, oorheers Wes-Kaapse munisipaliteite die lys van die top-20-munisipaliteite.

Die organisasie GGA neem drie faktore in ag, naamlik die gehalte van die administrasie, ekonomiese ontwikkeling en dienslewering.

Inligting wat deur GGA gebruik word, sluit in data van Statistieke Suid-Afrika, verslae van die ouditeur-generaal, inligting wat die munisipaliteite self verskaf en verslae van die nasionale tesourie.

Meyer sê die verslag bevestig die goeie finansiële vertoning van munisipaliteite in die Wes-Kaap. Hy sê dit wys die band tussen goeie finansiële bestuur en ’n munisipaliteit se vermoë om gehaltediens aan inwoners te lewer.

Bredell sê die Wes-Kaapse regering is trots op hul prestasie. “Die rede hiervoor is eenvoudig – ons stel gekwalifiseerde amptenare aan, ons glo in goeie regering en diegene wat die reëls verbreek, word swaar gestraf, ongeag wat hul politieke verbintenisse is.”

Volgens die GGA se verslag word die prestasie van die 205 plaaslike munisipaliteite en die agt metrorade ingesluit, maar dit sluit distriksmunisipaliteite uit.

Van die swakste 20 munisipaliteite is nege in KwaZulu-Natal, ses in die Oos-Kaap, twee in Noordwes en een elk in Limpopo en Mpumalanga.

Van die agt metrorade het die Kaapstadse metro die beste gevaar. Dit is 43ste op die ranglys van al die munisipaliteite. Die ander metrorade het as volg gevaar: Buffalostad (60); Nelson Mandelabaai (61); Ekurhuleni (69); Johannesburg (70); eThekwini (71); Tshwane (90) en Mangaung (91).

Die drie swakste munisipaliteite is Msinga (ANC, KwaZulu-Natal) in die eerste plek, gevolg deur uMhlabuyalingana (ANC, KwaZulu-Natal) en Port St. Johns (ANC, Oos-Kaap).

Meer oor:  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.