Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
2 munisipale hoës van George geskors

George se munisipale bestuurder en direkteur van beskermingsdienste is hangende ’n ondersoek geskors.

Trevor BothaFoto: Verskaf

Chantel Edwards-Klose, woordvoerder van die George-munisipaliteit, het by navraag gesê Melvin Naik, die burgemeester, het Vrydag ná ’n spesiale raadsvergadering bevestig dat Trevor Botha, munisipale bestuurder, en Steven Erasmus, direkteur van beskermingsdienste, voorlopig geskors is. Hulle is glo vir 60 dae geskors.

Dit is sodat bewerings wat glo deur ’n raadslid gemaak is, ondersoek kan word, sê Edwards-Klose. Sy het nie uitgewei oor die aard van die bewerings of oor wie die raadslid is nie.

Volgens Edwards-Klose sal amptenare beurte maak om in hul plek waar te neem.

Die besluit om die amptenare te skors is, na verneem word, deur die DA-koukus geneem. Verskeie opposisiepartye is egter blykbaar ontevrede oor die skorsing.

Daar is verskeie ondersoeke teen amptenare in die George-munisipaliteit aan die gang.

Dit sluit in ’n ondersoek deur die Valke wat nog nie afgehandel is nie, asook ’n ondersoek na wanadministrasie wat vroeër deur Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, gelas is.

Volgens James-Brent Styan, Bredell se woordvoerder, is hierdie ondersoek ook nog aan die gang.

Meer oor:  Melvin Naik  |  George  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.