Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
2 tussenverkiesings word in VS gehou

Twee tussenverkiesings in Vrystaatse munisipale wyke word op 7 Augustus gehou, sê Mmathabo Rasengane, woordvoerder van die Verkiesingskommissie (OVK).

Die een is in wyk 20 in die Moqhaka-munisipaliteit (Kroonstad) en die ander in wyk 17 in die Matjhabeng-munisipaliteit (die Goudveld).

Stemlokale in die gebiede sal Saterdag en Sondag van 08:00 tot 17:00 oop wees sodat kiesers hulle kan registreer en sodat huidige kiesers kan kyk of hul inligting korrek is om te kan stem.

Kiesers moet hul identiteitsdokument saamneem. Dit kan die groen identiteitsboekie, die ID-kaart of ’n tydelike ID-dokument wees.

Hulle sal ook hul fisieke huisadres met registrasie moet kan verskaf of voldoende inligting van waar hulle bly.

’n Bewys van adres, soos ’n munisipale rekening, word nie benodig nie.

Stemgeregtigdes kan hul inligting by die OVK se plaaslike kantoor in kantoorure gaan besigtig.

Mense word daaraan herinner dat dit ’n strafregtelike oortreding is indien hulle in ’n wyk gaan registreer waarin hulle nie bly nie, sê Rasengane.

Wyk 20 in Moqhaka het 2 581 geregistreerde kiesers.

Dié wyk het vakant geraak ná die bedanking van ’n raadslid. Die registrasie en stemmery sal by die Hoërskool Kgabareng en by The Prayer House plaasvind.

Wyk 17 in Matjhabeng het 7 302 geregistreerde kiesers. Die wyk het ook vakant geraak nadat ’n raadslid bedank het. Die registrasieproses en stemmery sal by die Tegniese Skool Adelaide Tambo, die Laerskool Lemotso, die End of Age-kerk, die Laerskool Dr. Mngoma en by die Living Hope-kerk plaasvind.

Spesiale stemme kan op 6 Augustus by al die stempunte uitgebring word en ook met behulp van tuisbesoeke tussen 08:00 en 17:00.

Stemgeregtigdes wat ’n spesiale stem wil uitbring, kan van 22 tot 26 Julie in kantoorure hiervoor aansoek doen.

Mense kan ook op die OVK se webwerf hiervoor aansoek doen, by www.elections.org.za.

As stemgeregtigdes vir spesiale stemme by stemlokale aansoek gedoen het, sal hulle ’n SMS ontvang om hulle hiervan te verwittig, maar dit geld nie tuisbesoeke nie.

Stemgeregtigdes kan ook met hul selfone om spesiale stemme aansoek doen deur ’n SMS met hul selfoonnommer na 32249 te stuur. Dit kos R1 per SMS. Dit is net van toepassing op stemgeregtigdes wat spesiale stemme by stemlokale wil uitbring en nie op tuisbesoeke nie.

Meer oor:  Vrystaat  |  Goudveld  |  Kroonstad  |  Tussenverkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.