Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
231 brand-bestryders van Jhb geskors

Johannesburg se nooddienste het 231 van sy brandbestryders geskors omdat hulle glo aan ’n onwettige staking deelgeneem het.

Die geskorste brandbestryders sal eers aan interne tugverhore onderwerp word, sê Robert Mulaudzi, nooddienswoordvoerder.

Hy sê dit is nog nie duidelik wat met die geskorste brandbestryders sal gebeur nie.

“Ons is egter steeds daartoe in staat om op enige noodsituasie te reageer. Ons het oor ’n duisend brandbestryders beskikbaar wat aan diens is,” het Mulaudzi Vrydag aan Netwerk24 gesê.

Die geskorstes het in Julie vanjaar aan ’n onbeskermde staking deelgeneem. Hulle het gevra vir 24-uur-begeleiding na en van noodtonele, sê Mulaudzi.

“Dit is eenvoudig nie haalbaar nie – ons verskaf reeds begeleiding van 22:00 tot 06:00 elke dag.”

Die begeleiding waarna hy verwys, is veiligheidspersoneel wat seker maak nooddienspersoneel word nie aangeval of beroof terwyl hulle hul werk moet doen nie.

Meer oor:  Brandweer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.