Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
4 000 verkeersboetes in ’n week in Kaapstad uitgereik

Altesaam 4 000 boetes is die afgelope week vir ’n reeks verkeersmisdrywe in Kaapstad uitgereik.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit. Foto: Jaco Marais

Volgens die stad is in dié gesamentlike operasies van die stad se verkeersdienste en metropolisie 125 verdagtes in hegtenis geneem, 70 voertuie deursoek en meer as 370 lasbriewe uitgereik.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê tydens Operasie Reclaim, wat in Hanover Park uitgevoer is, het beamptes binne 48 uur 93 taxibestuurders vir 374 uitstaande lasbriewe ter waarde van meer as R864 000 in hegtenis geneem.

“Terwyl beamptes met een van hierdie operasies besig was, het ’n groep van sowat sewe mense by die padversperring opgedaag en probeer om die gevange taxibestuurders vry te laat. Hulle het gewelddadig geraak en probeer om beamptes te oorrompel, maar gelukkig het ander beamptes hulle kom help en vyf mense is in hegtenis geneem. Twee ander het weggehardloop.”

Volgens Smith is die taxibestuurders na die Wynberg-polisiekantoor gebring, terwyl die vyf wat hulle probeer bevry het, na die polisie in Philippi gebring en van oproerige gedrag aangekla is.

“Die vinnige optrede deur verkeers- en wetstoepassingsbeamptes, sowel as die lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het verseker dat niemand ontsnap nie en dat hulle hul dag in die hof sal kry.”

Smith sê diegene wat probeer het om die taxibestuurders te bevry, is net so skuldig en moet die gevolge van hul gedrag dra.

Volgens hom het die stad se taxi-eenheid ook talle operasies in die stad uitgevoer en op 22 voertuie beslag gelê en 1 532 boetes uitgereik.

Onwettige straatwedrenne in die Strandfontein-, Grassy Park- en Lentegeur-gebied is ook gestop en verkeersbeamptes het 103 boetes uitgereik.

Meer oor:  Jp Smith  |  Kaapstad  |  Boetes  |  Verkeer  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.