Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
4 DA-lede het OG-kantoor ondermyn, sê De Lille

’n Mens kan nie toelaat dat Artikel 9-instellings aangeval en dokumente vervals word net omdat dit iemand politiek pas nie.

Só het Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad, gesê kort nadat sy Donderdag aanklagte van bedrog, laster en crimen injuria teen vier senior DA-lede ingedien het.

Die aanklagte hou verband met vervalste dokumente wat hulle glo in April op sosiale media versprei het, waarin die ouditeur-generaal (OG) se handtekening glo vervals is.

Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad, daag by die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor op.Foto: Jaco Marais

Die vier DA-lede is Mike Waters, adjunkhoofsweep, Bronwyn Engelbrecht, LUR, Henk Hugo en Shehana Kajee. Hulle het glo dié vals dokument, wat kwansuis deur die ouditeur-generaal (OG) onderteken is, wyd en syd versprei.

Kimi Makwetu, OG, het in Mei ontken dat hy die dokument onderteken het en gesê dit is vals.

De Lille het ’n klag by die Kaapstad-Sentraal- polisiekantoor ingedien en gesê haar onlangse werklose status gee haar die tyd om belangrike sake te hanteer wat haar besige dagboek as uitvoerende burgemeester haar nooit toegelaat het om te doen nie.

“Dit is onverdedigbaar dat verkose politici, wat toevertrou is om ons Grondwet te ondersteun en te handhaaf, probeer het om ’n Artikel 9-instelling soos die OG se kantoor te ondermyn,” het De Lille gesê.

Sy sê sy het die stap gedoen weens die ernstige aard van die bedrog, sowel as die minagting wat dié openbare verteenwoordigers jeens die OG se kantoor getoon het.

Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad, spreek die media toe nadat sy aanklagte teen vier DA-lede by die polisie ingedien het.Foto: Jaco Marais

Volgens De Lille het sy in Mei ’n formele klag oor die vals dokument by James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, ingedien, maar daar het niks van gekom nie.

“Die DA het geen stappe teen hierdie lede gedoen nie, ondanks die ernstige aard van die saak.”

Volgens De Lille het Mmusi Maimane, DA-leier, eers maande later, in September, aan die OG geskryf dat die party nie verantwoordelikheid kan aanvaar vir wat sy ondersteuners op sosiale media versprei nie.

“Mmusi, hierdie is nie DA-ondersteuners nie, hulle is senior DA-lede en hulle moet verantwoordelik gehou word.”

De Lille het beklemtoon sy is teleurgesteld dat die DA blykbaar voel dit is nie nodig dat sy lede om verskoning moet vra vir hul betreurenswaardige optrede nie.

Meer oor:  Patricia De Lille  |  Politiek  |  Da-Lede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.