Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
7 munisipaliteite vou byna weens swak beleggings

Sewe munisipaliteite in Limpopo word deur ’n algehele ineenstorting in die gesig gestaar nadat hulle gesamentlik R1,2 miljard by VBS Mutual Bank belê het.

Rob Tooley, LUR vir die provinsiale tesourie, het dit Dinsdag op ’n saamtrek van burgemeesters in Polokwane bekend gemaak.

Tooley sê in ’n neutedop het die munisipaliteite wat geld by VBS Mutual Bank belê het, geen geld om hul beplande projekte in werking te stel nie.

Hulle kan ook nie hul bedryfsuitgawes bybring nie. ’n Dringende vergadering word Vrydag hieroor gehou.

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Dinsdag in sy begrotingstoespraak in die parlement gesê 15 munisipaliteite in die land het teen die waarskuwing van die nasionale tesourie hul geld by VBS Mutual Bank belê.

’n Forensiese ondersoek word deur die Reserwebank na VBS Mutual Bank gedoen nadat dié bank in Maart onder administrasie geplaas is. Mkhize het gesê sy departement help die Reserwebank met sy ondersoek.

VBS Mutual Bank se grootste inkomste was van onwettige korttermyndeposito’s van munisipaliteite, wat glo gebruik is om langtermynlenings aan kliënte te finansier.

Van die munisipaliteite in Limpopo wat deur die krisis geraak word, is die Vhembe-distriksmunisipaliteit wat R300 miljoen by VBS belê het.

Nog ’n sukkelende munisipaliteit in Limpopo, die Lepelle-Nkumpi-munisipaliteit in die Capricorn-distrik, het op 28 Februarie vanjaar R153 321 224 by VBS belê.

Inwoners in dié mees noordelike streek van Limpopo sukkel al etlike jare met ernstige diensleweringsprobleme.

Die Makhado-munisipaliteit in Louis Trichardt het R63 926 159 belê. Inwoners van die dorp het gereëld water- en kragonderbrekings.

Die Groter Giyani-munisipaliteit het in September verlede jaar R156 971 444 by VBS belê. Giyani, wat in die Mopani-streek van Limpopo is, is een van die armste gebiede in die provinsie. Duisende inwoners hier het steeds nie huise, toegang tot water of elektrisiteit nie.

Die SAUK het Dinsdag berig pensioentrekkers in nedersettings digby Giyani sukkel al jare om maatskaplike toelae te kry.

Die Ephraim Mogale-munisipaliteit, wat Marble Hall insluit, het in September verlede jaar R122 410 520 belê.

Die Fetakgomo-munisipaliteit in die Sekhukhune-streek van Limpopo het sedert Februarie 2017 altesame R210 649 836 belê.

Nog ’n sukkelende munisipaliteit in Limpopo, die Lepelle-Nkumpi-munisipaliteit in die Capricorn-distrik, het op 28 Februarie vanjaar R153 321 224 by VBS belê.

Die Collins Chabane-munisipaliteit, wat Vuwani en Malamulele insluit, het in Oktober 2017 R122 410 520 by VBS belê. Dié munisipaliteit is ná die munisipale verkiesing in 2016 gestig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.