Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Afgedankte Centlec-raad heraangestel

Die onwettige afdanking op 2 Augustus van Centlec se raad van direkteure deur Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, moes op Dinsdag se raadsvergadering tersyde gestel en die direkteure heraangestel word.

Olly Mlamleli. Foto: Netwerk24

Volgens Johan Pretorius, DA-raadslid, het 54 raadslede Mlamleli se besluit gesteun.

“Die DA het gevra dit moet genotuleer word dat daar 31 stemme teen die besluit was en dat twee raadslede hulle van stemming weerhou het.”

Ongeag die DA se waarskuwings dat die korrekte wetlike prosedure nie gevolg is nie, het sy steeds die saak deurgestoomroller, sê Pretorius.

Volgens hom is dit vreemd dat Dudu Myeni ondanks bevindings dat sy nie opgewasse vir die taak is nie, heraangestel is as ondervoorsitter.

Pretorius sê indien Mlamleli se verkeerde besluit enige koste vir die raad veroorsaak, moet dit van die raadslede, wat vir die besluit gestem het, verhaal word. Om onnodige regskoste te vermy sal die DA die heraanstelling steun, het hy gesê.

Raadslid Baba Sebolao van die EFF het gesê dié party wil nie deel van dié sirkus wees nie.

Hy het gesê groot foute word by Centlec begaan, terwyl ’n raad van direkteure aangestel is.

“Centlec huur Telkom se geboue teen groot koste. ’n Mens sal graag wil weet vir hoe lank die huurooreenkoms gesluit is en wat Telkom uit die ooreenkoms kry?”

Hy het gesê onder die sogenaamde wakende oog van die Centlec-raad het “ons ons mense aan ’n stresvolle lewe blootgestel deurdat Centlec die verkeerde elektrisiteitsmeters gekoop het waarmee niks gedoen kan word nie”.

Die raad is weens Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier en nou sekretaris-generaal van die ANC, en verskeie raadslede “vir altyd” daar.

Hy het gesê van die lede dien al langer as vyf jaar in die raad. Myeni is die balju in die dorp wat die wet vir haarself opeis.

* Almal was ten gunste van die heraanstelling van die Centlec-raad, behalwe die EFF wat wil hê dit moet ontbind word.

* Ntimotse Mokhesi is nou die voorsitter van die Centlec-raad en Myeni die ondervoorsitter.

Meer oor:  Centlec  |  Mangaung
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.