Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
AfriForum bring dringende aansoek oor Emfuleni-water

AfriForum het ’n hofgeding begin in ’n poging om die inwoners van die Emfuleni-distrik in Gauteng te help wat al maande onder wateronderbrekings gebuk gaan.

Inwoners van Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging, wat onder Emfuleni val, moet met min tot geen water klaarkom. Die krane het in Februarie begin opdroog.

Die burgerregteorganisasie sê die inwoners word hul basiese reg ontneem om toegang tot water te hê.

Rand Water, wat verantwoordelik is vir die watervoorsiening, het glo die waterdruk verminder weens die wanbetaling van die Emfuleni-munisipaliteit.

In ’n skrywe gedateer 6 November verlede jaar het Rand Water Emfuleni, asook die Victor Khanye- en Govan Mbeki-munisipaliteit, se waterdruk verlaag tot tyd en wyl die agterstallige skuld vereffen word.

Emfuleni het egter al telkemale nie by sy terugbetalingsooreenkoms met Rand Water gehou nie en skuld nou al meer as R1 miljard.

Ten spyte daarvan dat die munisipaliteit in Maart van sy skuld vereffen het, is die waterdruk nog nie herstel nie.

Dit het tot gevolg dat inwoners in onder meer Sundra en Eloff vir vyf tot sewe uur water het, waarna die reservoir weer leeg is.

Weens die verlaagde waterdruk neem dit nagenoeg twee dae vir die reservoir om weer opgevul te word.

In dié tydperk moet inwoners maar self sien kom klaar, sê AfriForum in sy hofstukke.

Dié stand van sake het AfriForum gedring om ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria in te dien. In die aansoek word gevra dat Rand Water verhoed word om die waterdruk in die toekoms te verlaag as ’n manier om die betaling van skuld af te dwing.

“Dit is belangrik dat ons die gemeenskap ondersteun totdat die waterdruk herstel word. Die gemeenskap het genoeg gehad van wanbestuur tot op die punt waar hulle hul reg op basiese dienslewering ontneem word,” het Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, in ’n verklaring gesê.

Rand Water het nie dadelik op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Afriforum  |  Rand Water  |  Emfuleni  |  Emfuleni-Water  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.