Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
AfriForum, metro praat buite hof oor tariewe
morné mostert
Hoof van plaaslike regering van AfriForum, Morné Mostert. Foto: Deaan Vivier

AfriForum het Dinsdag besluit om eers buite die hof verdere gesprekke met die Tshwane-metro oor sy omstrede kragtariefverhogings te voer.

Die verhogings is op 1 Julie na bewering sonder die nasionale energiereguleerder (Nersa) se goedkeuring in werking gestel.

Hoewel die 13%-styging in die koste van krag binne Nersa se riglyn val, wil die DA-beheerde metro ook ’n maandelikse heffing van R56 op voorafbetaalde elektrisiteit laat geld.

AfriForum het Dinsdag ’n dringende aansoek aan die hooggeregshof in Pretoria gebring in ’n poging om die nuwe kragtariewe te keer.

Verteenwoordigers van die Tshwane-metro en AfriForum het egter buite die hof ooreengekom om gesprekke te voer.

Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslike regering, sê hulle het besluit om vir eers terug te staan, hoofsaaklik omdat die metro klaarblyklik nou bereid is om oop kaarte oor die kwessie te speel.

Daar is ook ooreengekom dat inwoners hul geld sal terugkry as daar bepaal word die kosteheffings was onwettig.

Nog ’n rede wat Mostert voorgehou het vir AfriForum se besluit om nie met die saak voort te gaan nie, is dat Nersa op 11 Julie ’n openbare sitting oor die kwessie beplan.

As AfriForum nie tevrede is met hoe die metro die kwessie hanteer nie, sal hy weer die hof nader, sê Mostert.

Die Raad handel ingevolge die bepalings van die Municipal Finance Management Act met spesifieke verwysing na artikel 17 Hoofstuk 4 Municipal Budgets en artikel 43 wat die verantwoordelikhede van n "organ of state" NERSA in hierdie geval, uitspel. Vorige riglyne uitgereik deur Nationale Tesourie in soortgelyke omstandighede is ook in aggeneem.

Meer oor:  Afriforum  |  Nersa  |  Tshwane-Metro  |  Morné Mostert  |  Hof  |  Kragtariefverhogings  |  Kragtariewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.