Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
AfriForum vandag hof toe oor kragtariewe in Tshwane

AfriForum bring Dinsdag ’n hofaansoek in die hooggeregshof in Pretoria om die Tshwane-metro te dwing om sy verhoogde kragtariewe ter syde te stel.

Die burgerregteorganisasie voer aan die nuwe kragtariewe is op 1 Julie sonder die nasionale energiereguleerder (Nersa) se goedkeuring in werking gestel.

Charles Hleba, woordvoerder van Nersa, het Vrydag by navraag bevestig dat die tariefverhoging in die Tshwane-metro nog nie goedgekeur is nie.

Abel Tau, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, het vroeër aan Netwerk24 gesê Nersa se riglyn is ’n verhoging van 13,8% vir elektrisiteit en Tshwane is binne dié riglyn met ’n totale verhoging van 13%.

Soos vroeër berig, het die metroraad aanvanklik ’n verhoging van 12% in elektrisiteit op die begrotingsvergadering in Mei aanvaar.

Daarna het dit geblyk dat ’n verdere heffing van R200 per maand vir enige meter – of krag verbruik word of nie – ook by kragrekeninge gevoeg sou word. Dit is veral dié bedrag wat Pretorianers woedend gehad het.

Die tariewe is herroep en die omstrede R200-heffing is tot R56 verlaag.

Daar is ook aanvanklik bepaal dat mense op kleinhoewes R610 vir ’n meter sou opdok, maar die metroraad het dit tot R250 per meter verlaag.

Ten spyte van die aangepaste heffings, voer AfriForum aan veral die klein verbruiker word steeds daardeur benadeel.

Hy vra dat die ou kragtariewe wat voor 1 Julie gegeld het, weer ingestel word.

Indien die hof in AfriForum se guns beslis, sal dit waarskynlik die DA-beheerde metro rooi in die gesig laat.

Soos Rapport vroeër berig het, sal die stadsbestuur dan moontlik spesiale toestemming van die minister van finansies moet kry om goedgekeurde tariefverhogings later in te stel.

Volgens munisipale wetgewing kan kragtariewe slegs een keer per jaar op 1 Julie verhoog word.

Nersa hou op 11 Julie ’n openbare sitting oor die kragtariefverhoging by sy hoofkantoor in Pretoria.

Meer oor:  Nersa  |  Afriforum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.