Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Amahlathi onder administrasie geplaas

Die Oos-Kaapse regering het die Amahlathi-munisipaliteit onder administrasie geplaas.

Een van die Amahlathi-munisipaliteit se geboue in Stutterheim wat in Oktober deur betogers aan die brand gesteek is.

Volgens Sizwe Kupelo, woordvoerder van Phumulo Masualle, premier van die Oos-Kaap, sal ’n span nog voor die einde van die week die administrasie en geldsake by die munisipaliteit oorneem.

“Hulle sal die situasie evalueer om vas te stel watter oortredings tot die krisissituasie gelei het dat krediteure nie betaal is nie en personeellede nie hul salaris gekry het nie.”

Stutterheim, wat deur dié munisipaliteit beheer word, het in Oktober en November onder gewelddadige betogings gesteier toe inwoners die strate ingevaar het oor werkloosheid in die gebied.

Pateka Qaba, burgemeester, is ook daarvan beskuldig dat sy haar vriende in munisipale poste aangestel het.

Twee munisipale geboue is aan die brand gesteek en in puin gelê en ’n man wat vermoedelik betoog het, is deur die polisie doodgeskiet.

Die ANC het Qaba in November uit haar amp verwyder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.