Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Amptenare werk weer ongeag beweerde gekonkel met tenders

Die nuwe koalisieregering van Nelson Mandelabaai-metro het besluit om minstens ses munisipale amptenare – wat onder andere geïmpliseer word met tenderonreëlmatighede – weer aan te stel in hul poste.

Daar word verwag dat dié amptenare Maandag weer agter hul lessenaars gaan inskuif, nadat die raad tydens Donderdagaand se raadsvergadering besluit het hulle word heraangestel.

Die amptenare se heraanstelling is agter geslote deure bespreek, toe ’n konfidensiële verslag (wat op groen papier aangebring was) bespreek word.

Wanneer items op groen papier bespreek word, word mense in die openbare galery en die media versoek om die raadsaal te verlaat.

Mongameli Bobani, burgemeester van Nelson Mandelabaai. Foto: Argief

Netwerk24 het egter betroubaar verneem die amptenare wat gaan terugkom is lojaal teenoor die burgemeester, Mongameli Bobani.

Die amptenare is deur middel van interne prosesse aangekla vir onder andere oneerlikheid, wangedrag, die misbruik van die munisipale hulpbronne en onreëlmatigheid met tenderprosesse.

Sommige het hul sake teen die munisipaliteit gewen, terwyl ander skuldig bevind was en net ’n waarskuwing ontvang het.

Die metro het toe Johann Mettler nog die stadsbestuurder was, besluit om die interne sake te hersien en om ’n tweede opinie te kry by die arbeidshof.

Donderdag se besluit oor die amptenare se heraanstelling volg voordat die metro se hersieningsproses kon afskop.

Bobani het gemeen die stad sal geld bespaar met die heraanstellings, want daar word tans twee mense betaal om een persoon se werk te doen. Die ander persoon sit net by die huis.

Die Patriotic Alliance en die ACDP was gekant teen die besluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.