Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘ANC in NMB wil tjommies in raad aanstel’

Dit is “kaderontplooiing” en aanstellings vir “tjommies” van die ANC, het lede van opposisiepartye in die Nelson Mandelabaai-metro gesê oor van die mense op die kortlys vir die nuwe raad van die Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap (MBDA).

Volgens die DA, die ACDP en die Patriotic Alliance (PA) het van die voorgestelde kandidate bande met die ANC en sal dit “kaderaanstellings” wees.

Athol Trollip. Foto: Argief

Die voormalige ANC-raadslede op die kortlys is Vuyani Dyantyi, Mike Kwenaite en Pinky Kondlo.

Khwezi Ntshanyana, ’n voormalige Cope-raadslid, Mandlakazi Skefile, voormalige uitvoerende hoof van Nelson Mandelabaai-toerisme, die sakevrou Glenda Perumal en Mxolisi Moolman, ’n prokureur, se name verskyn ook op die lys.

Die DA se Athol Trollip sê daar word nou by die MBDA voorsiening gemaak vir al die voormalige ANC-lede wat nie werk het nie. “Kaders word ontplooi na instansies om dit rot en kaal te besteel, en dan die geld na die ANC te herlei.”

Trollip het ook gesê dié mense beskik nie oor die nodige vaardighede om in die raad van die MBDA te dien nie.

Lance Grootboom van die ACDP het ook sy kommer oor die vaardighede van sommige van die kandidate uitgespreek. “Dit is kaderaanstellings. Tjommies met wie daar in tavernes vergaderings gehou is. Mense wat die staatskoffers wil plunder.”

Marlon Daniels van die PA het gesê daar is nie ’n manier hoe sy party sommige van die kandidate op die lys kan steun nie. Met verwysing na Moolman het Daniels beweer hy is die broer van ’n politieke aanstelling in Tshono Buyeye, die onderburgemeester, se kantoor.

Die EFF se Zilindile Vena het gesê die metro se administrasie is vol aktiviste, en dat net mense met die nodige vaardighede in die raad van die MBDA aangestel moet word.

Volgens Queenie Pink van die ANC beskik diegene wat die kortlys gehaal het wel oor die nodige vaardighede.

Buyeye het ná afloop van die debat besluit om die huidige raad se termyn met drie maande te verleng om die metro tyd te gee om die aanstelling van die nuwe raad af te handel.

Meer oor:  Nmb  |  Anc  |  Marlon Daniels  |  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Stadsraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.